Gasvryheidsbediening
Rom. 12:13: “Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.”
Gasvryheidsbediening
Wat beteken die woord “gasvryheid”?
Die verklarende woordeboek stel dit baie duidelik, naamlik “Gul in die onthaal van gaste.” Dit is presies wat ons met die Gasvryheidsbediening beoog.
Gasvryheidsbediening
‘n Groepie lidmate onder leiding van Tersia Kluits, het die behoefte raakgesien om almal, dit beteken, nuwe intrekkers of net iemand wat ons dorp besoek, lidmate wanneer hulle eredienste bywoon of sommer almal wat ons pad kruis, vriendelik te ontvang en oral hartlik welkom te laat voel.
Daar is verskeie maniere hoe ons hierdie liefdesdiens uitvoer en omdat ons almal verskillende gawes ontvang het, is daar in hierdie groepie lidmate ook verskillende maniere hoe ons die behoefte aanspreek.
Hierdie groep is ook betrokke by Fondsinsamelings.
Indien Gasvryheid u passie of ‘n gawe is, kontak gerus die Kerkkantoor vir meer inligting.