WELKOM BY

N.G. Kerk
Stilbaai

Die gemeente waar almal
passievol in alles God se verskil
in die wreld is.

Sondag, 19 Junie 2026

09:30 Erediens: Jftn
10:15 Erediens: Kerk (Nagmaal)
10:15 Erediens: Huis Stilbaai (Huis Stilbaai)

Spesiale Deuroffer

‘n Spesiale Deuroffer sal vir ons gemeente se Instandhoudingsfonds opgeneem word.

Waar Kan Ek Betrokke Raak?

Jy kan hier by ons passievol God se verskil wees vir die wêreld.

Wie Kan My Help?

Ons help graag met enige navraag.
Ons luister graag.

Wat Kan Ek Gee?

Jy kan ‘n verskil maak met jou gawes, passies en talente.

N.G Kerk Stilbaai

Besoekers

Op Stilbaai woon twee groepe mense: Dié wat hier gebore is en dié wat die dorp “ontdek” het tydens ‘n vakansie op Stilbaai.

Talle besoekers het op die dorpie verlief geraak vanweë sy skoonheid en rustigheid.

Die Goukourivier verdeel die dorp in twee. Die brug oor die rivier is gedurende 1955 voltooi, wat die gevolg gehad het dat die dorp ook aan die westekant ontwikkel het.

Die hoofstrand het al verskeie kere Blouvlagstatus ontvang vanweë sy letterlik- en figuurlike skoonheid.

Hier is volop oornagfasiliteite in die vorm van gastehuise en vakansiewoonstelle. Maak egter seker dat u betyds bespreek wanneer u wil besoek aangesien letterlik duisende besoekers veral oor Desembermaand hier geakkommodeer word.