Versorging

BADISA

BADISA Stilbaai is 'n nie-winsgewende organisasie wat professionele maatskaplike dienste, versorging en ontwikkeling verskaf aan persone in nood, ongeag hul ras of godsdiens.  Hulle bedieningsarea sluit in Stilbaai, Jongensfontein, Melkhoutfontein en die omliggende landelike area.

 

Visie

Om in navolging van Christus, mense en gemeenskappe in nood te help.

 

Missie

Om in opdrag van God en tot Sy eer, mense deur middel van doelgerigte en koste-effektiewe maatskaplike dienste te begelei tot selfontwikkeling.

 

Kontak Hulle

Maatskaplike Werker:  Cornelia Giliomee

Sekretaresse:  Annalize King

Pastoriestraat 15 (Agter die Kerkkantoor)

STILBAAI

6674

Tel. (028) 754-2203

E-pos:  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

 

HUIS STILBAAI