Studiestukke
Donderdag, 14 September 2017 06:47

Markus: Uitgedaag deur Jesus Week 8

Written by Ds Vian Louw

Markus 10:17-31

Lees dié gedeelte saam en deel met mekaar wat jou dadelik tref in die gedeelte.

Die jongman was van kinderdae af bekend met die inhoud van God se wette. Maar wanneer Jesus aandui wat dit vra om die ewige lewe te verkry, haal dit die huppel uit sy lyf. Hy het bedruk weggestap.  As jy eerlik by God wil hoor wat die volgende tree in geloof en gehoorsaamheid is, moet jy daarop voorbereid wees dat Sy reaksie jou dalk op ‘n baie ongemaklike plek kan sit.

  • Wat wou die jongman regtig weet?
  • Wat sit agter die vraag wat hy Jesus vra?
  • Hoekom is hy bekommerd oor die ewige lewe?
  • Watter volgende tree het die jongman nodig om te gee volgens Jesus?
  • Hoekom ontstel Jesus se antwoord hom so geweldig?
  • Ons kan baie goed oor die Bybel sê en ons kan maklik ander daarmee meet, maar waar staan jy werklik in jou eie verhouding met Jesus Christus?
  • Wat beteken dit as jy vandag verklaar dat jy die Here lief het?
  • Wat beteken dit as jy sê jy het ‘n verhouding met God?
  • As jy vandag aan God die vraag sou vra: Wat moet ek doen om meer gehoorsaam aan U te wees en geestelik te groei in my verhouding met U? Hoe dink jy sou Hy jou antwoord in hierdie tydstip van jou lewe?
  • Wat spoor jou aan of hou jou terug om die volgende tree in geloof te gee?
  • Hoekom?
  • Wat is die volgende tree wat jy sal moet gee?