Leierskapskonsultasieforum
Rol: Raadgewing
Doel: Om deur gereelde samekoms rigtinggewende kwessies te beredeneer SODAT visionêre, strategiese raadgewing aangebied word.
Aktiwiteite:  
Gebed, oordenking en bespreking

 

 

DOEL VAN DIE FORUM

Die Forum het op 7 November 2012 formeel beslag gekry toe die Kerkraad goedgekeur het

 

"Dat die Forum die geestelike leiers (die predikante) deur middel van raadgewing ten opsigte van visionêre leierskap en strategieë ondersteun."

In 'n neutedop:  Die Forum besin deurgaans oor strategiese "issues" en indien nodig en na gelang van omstandighede, word aktuele sake na die leraar, Dagbestuur of Kerkraad verwys.

 

WERKSAAMHEDE

 

Altyd biddend-soekend na God se wil vir ons gemeente, word daar voortdurend gestoei met koers en rigting ten opsigte van

  • die implementering en uitbouing van die visie, missie, kernwaardes, KPA's, doelstellings en doelwitte van die gemeente, naamlik om werklik GOD SE VERSKIL op alle terreine en in alle opsigte te wees;
  • die mosaïk (landskapprentjie) van bedieningsgeleenthede en terreine en gemeentelede se betrokkenheid daarby;
  • effektiewe kommunikasie met en in die gemeente deur middel van webwerf, nuusbrokkies ens.

 

HUIDIGE LEDE

Ben Jovner, Ben Meyer, Francois Taljaard, Elwyn Vivier, Hennie Dreyer, Kerneels Swanepoel, Sol van der Merwe

Belangstellendes wat graag by die Forum betrokke wil raak, is welkom om op 'n Donderdagoggend om 09:30 bloot by die kerk (in die Konsistorie) op te daag en aan te meld.

 

KONTAKBESONDERHEDE

Kerkkantoor:  Tel. (028) 754-1705 of E-pos:  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ds Francois Taljaard:  Tel. (082) 964-8893

Mnr Ben Jovner:  Tel. (082) 923-0325