Tuis
Navigasiepaneel

Eredienstye

SONDAG:  24 JUNIE 2018

Spesiale Deuroffer:  Ramot

    • 10:15  Informele Erediens:  Kerk
    • 10:15  Formele Erediens:  Jongensfontein

Hoogtepunt Skakels

Maandelikse Studiestuk

Gemeente Projekte

Gebedskolom

Kontak Besonderhede

15 Pastoriestraat
Stilbaai
Wes-Kaap
6674
Suid-Afrika

Tel: +27 (28) 754-1705
Fax: +27 (28) 754-2827

Kontak Vorm (kliek hier)

Talle gemeentelede maak die gasvryheidsbedryf hul passie.

Kwartaalliks word ‘n NUWE INTREKKERSTEE by die kerkgebou aangebied. Die gaste gee kortliks agtergrond waar hulle vandaan kom.

By die geleentheid kry die nuwe intrekkers die kans om te sê waar hul belangstellings lê en waarby hulle graag in die gemeente betrokke wil raak.

Hierdie funksies word dan met koffie en tee en eetgoed afgesluit waartydens lekker gekuier word.

Vakansiegangers word altyd by die eredienste verwelkom. Aangesien Stilbaai ‘n vakansiedorp is, maak kleredrag by eredienste nie saak nie. Kerkgangers in sandale en vakansieklere is altyd welkom.

Kollekte wat tydens Kersdienste geïn word, word vir welsyn en ander verdienstelike instansies aangewend.

Verskeie aktiwiteite vir die jeug word gedurende Desembermaand op die strand aangebied.

Rigtingaanwysers

41 DAE VAN GEBED

Elkeen word opgeroep om saam met die gemeente die volgende 41 dae as individu en ook as gesin/groep elke dag in gebed, tyd af te sonder, om in afhanklikheid, onderskeidend en in gehoorsaamheid  ons oop te stel, vir die Here, om ons te kom wys waarmee Hy besig is. Ons gaan dit doen met ‘n verwagting dat die Here vir ons duidelik gaan wys waar en hoe ons betrokke moet wees en ook gaan wys wat in die pad staan en wat verwyder moet word. 

Lees verder onder Studiestukke ...