Tuis
Menu

Eredienstye

Sondag, 17 November 2019

Sinodale Deuroffer: Arbeidsbediening

  • 08:15  Informele Erediens
  • 10:15  Formele Erediens: Kerk (Nagmaal)
  • 10:15  Erediens: Huis Stilbaai (Nagmaal)

Hoogtepunt Skakels

Maandelikse Studiestuk

Gemeente Projekte

Gebedskolom

Kontak Besonderhede

15 Pastoriestraat
Stilbaai
Wes-Kaap
6674
Suid-Afrika

Tel: +27 (28) 754-1705
Fax: +27 (28) 754-2827

Kontak Vorm (kliek hier)

MERWEVILLE DROOGTEHULP

Die Wes-Kaap Sinode het Merweville aan ons gemeente toegeken, vir droogtehulp.

Ons het verskeie projekte wat ondersteuning aan Merweville se mense en boere gaan gee. Ons "Geskenkie vir 'n Vrou" projek is afgehandel en die geskenke sal DV op 11 November 2019 na Merweville geneem word. Ons "Kinder Kersfees" Projek, die Veevoer projek en 'n Emosionele Ondersteuningsprojek is reeds aan die gang. Hou asseblief die afkondigings dop en kom ons bid vir hierdie dorp.


Talle gemeentelede maak die gasvryheidsbedryf hul passie.

Kwartaalliks word ‘n NUWE INTREKKERSTEE by die kerkgebou aangebied. Die gaste gee kortliks agtergrond waar hulle vandaan kom.

By die geleentheid kry die nuwe intrekkers die kans om te sê waar hul belangstellings lê en waarby hulle graag in die gemeente betrokke wil raak.

Hierdie funksies word dan met koffie en tee en eetgoed afgesluit waartydens lekker gekuier word.

Vakansiegangers word altyd by die eredienste verwelkom. Aangesien Stilbaai ‘n vakansiedorp is, maak kleredrag by eredienste nie saak nie. Kerkgangers in sandale en vakansieklere is altyd welkom.

Kollekte wat tydens Kersdienste geïn word, word vir welsyn en ander verdienstelike instansies aangewend.

Verskeie aktiwiteite vir die jeug word gedurende Desembermaand op die strand aangebied.

Rigtingaanwysers